Duane Vermeulen tree uit

Die 37-jarige veteraan Duane Vermeulen het amptelik sy uittrede aangekondig. Die kookwater speler het in 76 toetse vir die Springbokke uitgedraf. Vodacom Bulls se direkteur van rugby, Jake White, lei ‘n koor van lof van regoor Suid-Afrika vir Vermeulen, wat ‘n roemryke loopbaan gehad het. Thor, soos hy onder sy eweknieë en aanhangers bekend staan, het ‘n onuitwisbare merk in die harte van alle Suid-Afrikaners gelaat wat hom as een van die grotes van die spel sal onthou. Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, het ekslusief met Kosmos 94.1 Sportnuus gepraat.