NSFAS in die sop oor die destydse oorbetaling van R14m aan student

Die DA se woordvoerder oor Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Chantel King, daag die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente uit om sy inligting- en kommunikasietegnologie op te knap om ‘n herhaling van ‘n duur flater te voorkom. Dit volg nadat die Oos-Kaapse hoërhof in Makhanda beslis het ‘n student van die Walter Sisulu-universiteit, Sibongile Mani, moet gemeenskapsdiens doen na die inbetaling van 14 miljoen Suid-Afrikaanse rand in haar rekening, in plaas van 1 400 rand. King sê die fonds moet ook duidelikheid gee oor ander finansiële teenstrydighede: