Biden wil US$320m se presisiebomme aan Israel verskaf
President Joe Biden se administrasie het die Amerikaanse kongres ingelig dat hy ‘n 320 miljoen Amerikaanse dollar se oordrag van presisiebomme vir Israel beplan. Die Wall Street Journal het die eerste keer berig dat die administrasie op 31 Oktober formele kennisgewing aan kongresleiers gestuur het van die beplande oordrag. Die Journal het berig die wapenvervaardiger Rafael USA sal die bomme na sy Israeliese moedermaatskappy Rafael Advanced Defence Systems oordra vir gebruik deur die Israeliese ministerie van verdediging.