Twee verskyn in Phala Phala-roofsaak
Die polisie in Limpopo ‘n deurbraak gemaak in die diefstal van buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala, ná byna drie-jaar. Twee verdagtes van 30- en 39-jaar-oud wat teregstaan op aanklagte van huisbraak en diefstal, sal vandag in die Landdroshof in Bela Bela verskyn. Die plaaslike dagblad, The Namibian, berig dat beide die verdagtes Namibies is maar, dat dit nie amptelik bevestig kan word voor hulle nie verskyn nie. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê duisende dollar het in Februarie 2020 van onder ‘n rusbank op die plaas verdwyn:
Daar is vyf verdagtes in die saak en almal is Namibies en sluit in Imanuwela David, Erkki Shikongo, Urbanus Shaumbwako, Petrus Muhekeni en Petrus Afrikaner. Hulle is blykbaar oor die kontant ingelig deur Froliana Joseph wat op die plaas gewerk het en blykbaar verwant is aan David.