Drukgroep bepleit hernubare energie opsies vir buurland
Die Suid-Afrikaanse Geloofsgemeenskaps-omgewingsinstituut het sterk standpunt ingeneem teen die instelling van mini-korrelbed-kernreaktors vir kragopwekking. Dit volg op die aankondiging dat die Wes-Kaap die reaktors in gebruik gaan neem. Die instituut is bekend vir sy pogings teen die gebruik van fossielbrandstof vir energie en vra meer volhoubare energie-oplossings. Woordvoerder Francesca de Gasparis vra die regering om praktiese, eko-vriendelike benaderings te oorweeg om aan die land se energie-vraag te voldoen: