Droogtehulp-voedsel te min, sê landelike inwoners
Raadslede en gemeenskappe in Namibië se landelike gebiede spreek hul kommer uit oor die huidige droogtehulp-projekte wat deur die kantoor van die eerste minister gelei word. Die inwoners is ontevrede met die noodlenigingspakkette, wat maandeliks een 12,5-kilogram sak mieliemeel, ‘n bottel kookolie en twee pakke sop insluit. Hulle sê hierdie voorraad is onvoldoende om aan hul behoeftes te voldoen. Die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het die publiek verseker die regering is besig om die noodlenigingspakket te verbeter.