Damme word al hoe leër

Die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien het net 26,9 persent waterbronne oor. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is Von Bach op 17,3 persent na water van Swakoppoort, wat op 52,6 persent staan, oorgepomp is. Omatako is leeg. In die Suide is Hardap op 24,7 persent met die groenskema wat net meer as 2,2 miljoen kubieke meter in die afgelope sewe dae benut het. Naute by Keetmanshoop is op 52,2 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 50,7 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 5,1 persent met die Otjiverodam op 6,8 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 24,9 en 3,7 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en hy is tans op 33,5 persent.