SA tree op teen Israeliese ambassadeur
Die buurland se kabinet het die internasionale betrekkinge-departement opdrag gegee om die nodige maatreëls binne diplomatieke kanale en protokolle te tref om die optrede van die Israeliese ambassadeur in Suid -Afrika, Eliav Belotserkovsky, te hanteer. Die kabinet het weer sy standpunt oor die voortdurende aanslag teen Palestyne in Gaza herhaal. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het by ‘n nuuskonferensie gesê Belotserkovsky se posisie in die land, word ondraaglik.