Lidmaatskap van mediese fondse daal
Groei in reële verbruiksbesteding was vir die eerste keer in nege opeenvolgende kwartale in negatiewe terrein, volgens Simonis Storm se kredietverlengingsverslag van die private sektor. Huishoudings sukkel en intussen toon Namfisa se data ‘n beduidende 7,6 persent jaar-tot-jaar-inkrimping in mediese fondse in die eerste kwartaal veral omdat lidmaatskap gekanselleer word te midde van begrotingsuitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Angelique Bock, ‘n navorsingsassistent by Simonis Storm.