Onmoontlik om skole van beurtkrag te vrywaar
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê dis onmoontlik om alle skole gedurende die eksamentydperk van beurtkrag uit te sluit. Daar is toenemende kommer oor die uitwerking van beurtkrag op matrikulante wat hul eindeksamen skryf. Ramokgopa sê dis ingewikkeld om skole uit te sluit omdat die land nog sy energieprobleme probeer hanteer. Hy sê net die afgelope week was daar ʼn verlies van tot 17 000 megawatt in die kragnetwerk: