Duitser tjoef-tjaf beroof van N$44 375

Die Namibiese polisie op Lüderitz ondersoek ‘n saak van roof en bedrog nadat ‘n onbekende man na bewering ‘n Duitser uit sowat 44 000 Namibiese dollar bedrieg het. Daar word beweer dat die klaer, ‘n 56-jarige man, sy OTM-kaart by die kitsbank ingesit en sy pin ingedruk het, en terwyl hy vir die geld gewag het, het iemand van agter af gekom en die transaksie gekanselleer. Die man het blykbaar gesê hy werk by die bank en is daar om hom by te staan. Die man het die kaart gevat en verdwyn. Teen die tyd dat die slagoffer besef het hy moet hulp kry, het hy ‘n kennisgewing op sy selfoon ontvang dat 44 375 dollar onttrek is, op Rundu. Daar is geen verdagte nie en die ondersoek duur voort.