Kinders ly steeds onder geweld
Die Nelson Mandela-kinderfonds doen ‘n oproep vir gesamentlike optrede om die welstand van kinders in Suid-Afrika te beskerm. Dit kom voor Wêreldkinderdag wat môre herdenk word. Die organisasie het ‘n dialoog by die Johannesburgse Aandelebeurs gevoer om die belangrikheid van kinderregte uit te lig. Die organisasie se uitvoerende hoof, Linda Ncube-Nkomo, het beklemtoon kinders in die land word steeds nie voldoende beskerm nie, aangesien geweld teen hulle ‘n belangrike maatskaplike en ekonomiese kwessie bly.