Zim-wetgewer beeldsend sy ontvoering op Facebook

’n Vinnigdenkende opposisiewetgewer in Zimbabwe het sy eie ontvoering via ’n Facebook Live-stroom uitgesaai. Die 25-jarige Takudzwa Ngadziore, die Citizens Coalition for Change se jeugkwota-parlementslid vir Harare, het in wat gelyk het soos ‘n werkswinkel ingehardloop en geskree dat hy gevolg word, en toe sy Facebook geaktiveer. Die video wys hoe twee mans na hom toe hardloop, een met ‘n AK-47. Ngadziore is later naak in ‘n myn gebied gevind. Daar word beweer dat hy tydens die ontvoering met ‘n onbekende middel ingespuit is. Die party se hoofsweep, Amos Chibaya, het aan joernaliste gesê die jeugdige wetgewer is op pad na die parlement ontvoer en toe gemartel.