Parys Ope: Djokovic dring (weer) deurNovember 3, 2023
Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, was een stel agter maar het teruggeveg om Tallon Griekspoor te verslaan en sy negende agtereenvolgende Parys Meesters-kwarteindstryd te haal. Djokovic het die laaste agt punte van die wedstryd gewen om Griekspoor van Nederland met 4-6, 7-6, 6-4 te klop en spog nou met 15 agtereenvolgende seges. Djokovic sal teen die verdedigende kampioen, Holger Rune van Denemarke te staan kom, wat die Duitser Daniel Altmaier met 6-3, 6-3 verslaan het. Stefanos Tsitsipas van Griekeland het vir die vyfde agtereenvolgende jaar amptelik vir die ATP-eindtoernooi in Turyn gekwalifiseer, nadat hy Alexander Zverev van Duitsland in skoonstelle geklop het.