Gauteng-landbou plaas voedselsekerheid in gevaar

Die DA in Gauteng sê die provinsiale landboudepartement plaas voedselsekerheid verder in gevaar deur nie broodnodige toerusting aan boere in die provinsie te verskaf nie. Dit is weens ‘n fout in die agri-verwerkingstoerusting tender-advertensie. Die DA-lid, Bronwynn Engelbrecht, sê vroeër vanjaar is ‘n tender geadverteer vir die voorsiening van agri-verwerkingstoerusting aan boere.