Koning Charles kry fel kritiek in Kenia

Brittanje se koning Charles en koningin Camilla is op ‘n staatsbesoek aan Kenia, waar hy gekritiseer word vir sy versuim om ‘n volledige verskoning vir koloniale-era vergrype uit te reik. Charles het Dinsdag sy “diepste spyt” uitgespreek oor “afskuwelike en onregverdigbare dade van geweld” wat teen Keniane gepleeg is tydens die land se onafhanklikheidstryd. Kipchoge araap Chomu, die agterkleinseun van koning Koitalel Arap Samoei, wat in 1905 deur ‘n Britse kolonel vermoor is, sê Charles se toespraak ontbreek ‘n verskoning, skadevergoeding en die teruggawe van sy voorvader se oorskot. Chomu sê Brittanje moet die voorbeeld van Duitsland volg, wat om verskoning gevra het vir sy slagting van Namibiërs en ingestem het om projekte ter waarde van meer as ‘n miljard euro te finansier.