NV hoor van Groot Aub-waterprobleme

Parlementslid van die PDM-party, Elma Dienda, het in die Nasionale Vergadering die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gevra wanneer probleme met die watertoevoer in Groot Aub opgelos gaan word. Sy sê sedert die Stad Windhoek die administrasie oorgeneem het, is daar geen einde aan die probleme nie en die gemeenskap word nie gerespekteer nie. Die vraag gaan amptelik op 9 November aan die ministerie gestel word.