Kom hardloop in die natuur!

Hier is ‘n wonderlike geleentheid om fiks en gesond te bly en terselftertyd ‘n bietjie pret in die natuur te geniet. Die Clausthaler Finkenstein Trail Run op 11 November is oop vir hardlopers van alle vlakke en vermoëns. Daar is twee kategorieë, ‘n 8 kilometer en ‘n 4 kilometer, wat op verskillende tye begin. Die roete-hardloop word op 11 November by die Finkenstein Bosmark gehou. Registrasiefooie beloop 100 Namibiese dollar vir die wat vroeg inskryf en vir kinders 50 dollar, en deelnemers kry ‘n medalje vir deelname by die wenstreep. Die organiseerder, Francois Steynberg, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor hoe die publiek kan registreer.