Het Aussies hulle eie Daisy de Melker?
Die Australiese polisie het ‘n vrou van moord aangekla oor ‘n sampioenmaaltyd wat drie mense dood gelaat het met ‘n plaaslike prediker wat om sy lewe veg. Die 49-jarige Erin Patterson word ook nog op drie ander aanklagte van poging tot moord aangekla oor vroeëre voorvalle in 2021-2022 toe ‘n 48-jarige man na etes siek geword het. Patterson het na bewering ‘n beesvleis-Wellington-ete op 29 Julie aan haar vervreemde skoonouers Don en Gail Patterson, plaaslike Baptiste-pastoor Ian Wilkinson en sy vrou Heather bedien. Later die aand is die twee paartjies hospitaal toe geneem met voedselvergiftigingsimptome. Binne ‘n week was drie van hulle dood. Die polisie het gesê hul simptome stem ooreen met dié wat veroorsaak word deur die eet van hoogs giftige doodsdop-sampioene, en voeg by die ondersoek was uiters kompleks.