Copps-vennoot skenk ook groot vir Katutura-ongevalle

Die ongevalle-eenheid by die Katutura-hospitaal, die besigste in die land, is na vele vertragings opgeknap en is amptelik oopgestel deur president Hage Geingob. Die opknapping, Projek 9682, is reeds in April 2021 deur die Motorvoertuig Ongelukkefonds en Standard Bank van stapel gestuur met ‘n gekombineerde belegging van 12,6 miljoen Namibiese dollar vir strukturele opknapping, toerusting en verbruiksgoedere. Osh-Med Internasionaal, ook ‘n vennoot van Copps 94.1 het toerusting ter waarde van 1,975 miljoen dollar geskenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Fabian Martens, die hoof uitvoerende beampte van Osh-Med Internasionaal, oor die skenking gepraat.