Cyril beantwoord vandag vrae in parlement

President Cyril Ramaphosa antwoord vanmiddag vrae in die Nasionale Vergadering. Die presidensie sê hy sal nasionale kwessies hanteer soos die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en sy aanspreeklikheid teenoor die Parlement, kommissies van ondersoek wat die president aangestel het, die regering se fiskale dissipline, en die stryd teen geweld teen vroue en kinders. Ramaphosa sal ook die gereedheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en sy vermoë om sy grondwetlike mandaat te vervul, bespreek.