Statiese fase in Oekraïne, kommer oor herbouing van Rusland se mag

Oekraïne se militêre bevelvoerder, Valerii Zaluzhnyi, waarsku die oorlog met Rusland nader ʼn posisionele of statiese fase wat Moskou in staat kan stel om sy militêre mag te herbou. Dit volg nadat Rusland binne 24 uur 118 Oekraïnse dorpe gebombardeer het wat meer is as op enige ander dag vanjaar. Tien van Oekraïne se 27 streke is aangeval. Zaluzhnyi sê sy weermag het nuwe militêre vermoë en tegnologiese vernuwing nodig om deur die nuwe fase van die oorlog van 21 maande te kom.