Alweendo sê kleinmyners sal deel van waardeketting vorm

Kleinskaalse myners het onder die loep gekom in die nasionale vergadering. Die PDM se Vipua Muharukua wou by lynminister, Tom Alweendo, hoor of klein myners hulle produkte plaaslik kan verkoop, veral die wat nie deur lede van die publiek, soos kristalle, gekoop word nie. Volgens Alweendo moet Namibië êrens begin met plaaslike aankope en waardetoevoeging en die myners sal deel vorm van die waardeketting.