Bazball is nou ‘n woord

Die term “bazball” is in die Collins Dictionary opgneem nadat dit na die afrigter van die Engelse toetsspan, Brendon McCullum – met die bynaam Baz – vernoem is. Die publikasie beskryf die term as ‘n hoogs aggressiewe styl van toetskolfwerk. Volgens berigte is die term deur ESPNcricinfo se redakteur in Brittanje, Andrew Miller, geskep net voor die begin van Engeland se toetsreeks teen Nieu-Seeland in Junie verlede jaar. Miller het “bazball” gebruik om Nieu-Seeland se positiewe speelstyl te beskryf toe McCullum die kaptein was.