Alweendo moet vandag in hof sê oor Xinfeng-eis vir dokumente

Die tweede deel van die Chinese litium-mynmaatskappy Xinfeng Investments se aansoek teen die lynminister Tom Alweendo kom vandag voor regter Thomas Masuku voor. Regter Ramon Maasdorp het aan die einde van Junie in Xinfeng se guns bevind en hom ‘n tydelike interdik teen enige aksies toegestaan. Die Chinese-myner het gevra dat die hof keer dat stappe teen hom geneem word na Alweendo sy mynlisensie opgehef het. Die tweede deel van die saak handel oor die opheffing en of dit wettig is en ook of Alweendo die mag het om dit te doen. Die kwessie van litiumontginning in die Uis-omgewing het uiters omstrede geword met Alweendo wat gesê het die maatskappy was nie eerlik in sy aansoek nie en die Uis-gemeenskap wat sê daar is geen voordeel vir hulle met die Chinese se teenwoordigheid nie. Daar word verwag dat die minister vandag antwoord sal gee op ‘n aansoek deur Xinfeng dat die minister dokumente het wat relevant is aan die saak maar nie voorgelê is nie.