Mashaba sal saam met EFF werk

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê sy party is bereid om op plaaslike regeringsvlak met die EFF saam te werk. Hy het egter benadruk die party oorweeg nie samewerking op nasionale vlak nie. Mashaba sê hy gee die EFF krediet vir hulle ondersteuning toe hy die burgemeester van Johannesburg was. Mashaba voeg by dat die volgende vergadering van die veelpartyhandves die kwessie van die insluiting van die Patriotic Alliance by die koalisie sal aanspreek.