Nanso reageer op ekstra NSFAF-befondsing

Finansminister Ipumbu Shiimi het in sy halfjaar-begrotingsoorsig ekstra geld aan die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds toegeken. ‘n Bedrag van 376.3 miljoen Namibiese dollar is beskikbaar gestel om tekorte op studentefinansiering te dek. Die fonds het vroeër gesê hy het slegs 1,6 miljard dollar van die 2 miljard dollar wat vir hom begroot is ontvang. Die Namibië Nasionale Studente-organisasie se woordvoerder, Dorothea Nangolo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die ekstra bedrag is ten minste iets en studente sal nou hul terugbetalings kan kry.