Nienaber wil eendag weer by die Bokke aansluit

Die Springbokke gaan hul Wêreldbekerfeesvierings voortsit met ‘n trofeetoer na verskeie stede in die land. Die toer van vier dae skop môre af. Die Bokke het onder leiding van die hoofafrigter Jacques Nienaber die beker vir ‘n rekord vierde keer verower. Hy verlaat egter die Bokke om die Ierse span Leinster te gaan afrig. Die fokus sal binnekort na die aanstelling van ‘n nuwe Springbok-hoofafrigter verskuif, met Deon Davids en Mzwandile Stick die vroeë gunstelinge: Nienaber sê hy sal graag in die toekoms na die Bokke wil terugkeer: