Pous sterk goed aan na kolon-operasie

Die Vatikaan sê pous Franciskus het goed gereageer op ‘n beplande kolon-operasie in ‘n hospitaal in Rome. Die woordvoerder van die Vatikaan, Matteo Bruni, sê die pous het algemene narkose gehad tydens die operasie as gevolg van ‘n vernouing in sy kolon. Dit is sover bekend die 84-jarige pous Franciskus se eerste hospitaalbehandeling sedert hy in 2013 pous geword het. ‘n Gedeelte van sy regterlong is verwyder toe hy 21 was.