Spaar water, of dit word vir jou gespaar

Windhoekers se waterverbruik is veels te hoog en het die weeklikse verbruiksteiken met byna 94 000 kiloliter oorskrei. Verder is daar is net 27,5 persent waterbronne oor in die drie sentrale damme wat Windhoek voorsien, volgens die jongste damverslag. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Stad Windhoek, Celie Kapolo, gepraat oor of hulle maniere het om die watergebruik te beperk van diegene wat die teikens ignoreer en te veel water gebruik. Sy gee ook ‘n paar wenke om water te bespaar.