Agoa dalk tot 2045 verleng
Afgevaardigdes betrokke by die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, gaan die toekoms van die handelsooreenkoms bespreek na aanleiding van ‘n voorgestelde Amerikaanse wetsontwerp om die lewensduur van die ooreenkoms te verleng. Verlede maand het senator John Kennedy die Agoa Uitbreidingswet van 2023 bekendgestel, met die doel om China se invloed op die Afrika-vasteland teen te werk. Ingevolge die voorgestelde wetsontwerp sal die leeftyd van Agoa, wetgewing wat handel tussen Afrika en die Verenigde State ondersteun, verleng word tot September 2045. Suid-Afrika is van Donderdag af gasheer vir handelsministers van die VSA en verskeie Afrikalande op ‘n beraad in Johannesburg.