Colorado toets burgeroorlogwet om Trump uit wedloop te kry
Donald Trump behoort gediskwalifiseer te word van Colorado se stembrief in volgende jaar se verkiesing omdat hy op 6 Januarie 2021 in Washington ‘n gewelddadige massa mense aangehits het – volgens die prokureur van ’n voorspraakgroep wat poog om Trump as kandidaat te verwyder. ‘n Regsgeding wat deur Citizens for Responsibility and Ethics in Washington aanhangig gemaak is, is ‘n toetssaak of ‘n selde gebruikte, burgeroorlog-era bepaling van die Amerikaanse Grondwet dat mense wat betrokke is by ‘n “opstand of rebellie” verbied word om ‘n federale amp te beklee, kan slaag. Scott Olsen, prokureur van die groep, sê Trump kan nie ingevolge die wet weer president word nie.