Eskom se nuwe handelsmerk-planne moet gekanselleer word

Die DA het aan Eskom se waarnemende hoofbestuurder, Calib Cassim, geskryf en gevra dat hy sy uitvoerende mag gebruik om ‘n tender vir die herontwerp van die kragvoorsiener se korporatiewe logo en die ontwikkeling van ‘n korporatiewe identiteit kanselleer. Die tender vra voorstelle vir die ontwerp van ‘n nuwe logo vir Eskom en die ontwikkeling van ‘n korporatiewe identiteit oor ‘n tydperk van vyf jaar. Ghaleb Cachalia van die DA sê vir ‘n entiteit wat chronies misluk in sy taak om ‘n betroubare voorraad krag te lewer en met ‘n onoorkombare skuldlas sit, is dit buitensporig om vir ‘n nuwe logo te vra: