Skietstilstand beteken oorgee aan Hamas – Bibi
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het oproepe vir ʼn skietstilstand in Gaza verwerp en sê dit sal neerkom op oorgawe aan die Hamas-groep. Israel het sy grondoperasie in Gaza uitgebrei sedert Hamas 1 400 mense in Israel vermoor en minstens 239 gyselaar geneem het. Meer as 8 300 mense is in Israelse wraakaanvalle dood. Netanyahu sê oproepe vir ʼn skietstilstand beteken Israel word gevra om oor te gee aan terrorisme en barbaarsheid. Hy sê Israel se militêre optrede kan Israeli-gevangenes bevry terwyl Hamas vernietig word.