Verifikasiestelsel wil valuta-verliese stopsit

Verliese van ten minste 3 miljard Namibiese dollar is in buitelandse valuta gely as gevolg van onreëlmatige uitwaartse oorbetalings vir nie-bestaande invoere oor ‘n tydperk van drie jaar. Die Namibiese Inkomste-agentskap sê in ‘n verklaring ’n ondersoek deur die Finansiële Intelligensiesentrum het gevind dit is weens die afwesigheid van ‘n meganisme wat handelsverklarings wat via doeane gemaak is, vergelyk of versoen. Dit het uitgeloop op die bekendstelling van die Handelsverifikasiestelsel deur NamRa en die Bank van Namibië. Die stelsel is daarop gemik om doeltreffendheid te skep, nakoming te verseker, om onwettige kapitaalvloei en onwettige praktyke te verhoed, en handelsbedrywighede te stroomlyn.