Water kort geld om te bespaar
Die sesde Kaïro-waterweek vind in Egipte tot Donderdag plaas. Die konferensie is gereël deur Egipte se ministerie van waterbronne en fokus op die bevordering van oor-sektorale samewerking en die daarstel van innoverende oplossings vir die volhoubare bestuur van waterbronne. Die landbouminister Calle Schlettwein is ook daar. Hy het die afgevaardigdes toegespreek en die tekort aan voldoende befondsing betreur.
Hy sê water moet hoër op in die klimaat-agenda kom en meer prioriteitsaandag geniet.