117 buffels is vrek in Zambezi-stormloop
Die omgewingsministerie het bevestig dat tussen 117 buffels versuip het by Kabulabula-bewaringsgebied in die Zambezi-streek. Die diere het volgens berigte die Chobe-rivier probeer oorsteek na Namibië maar die trop is deur 12 leeus gejaag. In die stormloop het die diere teen die steil wal van die rivier in die water geval. Die leeus het sukses gehad. Die insident het in die vroeë oggendure van Vrydag plaasgevind en daar is eers berig tussen 80 en 100 is vrek.