Risiko van staatsgreep hoog in Lesotho

‘n Koalisie van 11 politieke partye in Lesotho, wat poog om ‘n mosie van wantroue teen premier Sam Matekane in te stel, het sy beroep op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap teëgestaan en sê die land het sedert sy mosie ‘n kwasi-polisie en militêre staat geword. Die koalisie voer aan die land loop nou die gevaar van ‘n staatsgreep. Matekane het eerste aan die SAOG geskryf het en beweer dat “selfsugtige” politici die land se demokrasie wil ontspoor deur hom grondwetlik te ontsetel. Die koalisie het gereageer en meen die heersende toestande maak ‘n staatsgreep ‘n daadwerklike moontlikheid.