Sperdatum vir Agoa-registrasie is vandag
Sakelui wat geregistreer is op die Agoa-program word gemaan dat vandag die sperdatum is vir registrasie by die forum wat vanaf 1 November in Suid-Afrika plaasvind. Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid het al die nodige besonderhede om aanlyn te registreer. Agoa is ‘n uiters belangrike inisiatief wat kleinsake toelaat om doeanevry na die VSA uit te voer. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Cons Karamata oor die belangrikheid van die program gesels.