Brandstofprys onveranderd

Daar is effe verligting vir verbruikers met die ministerie van myne en energie wat die November brandstofprys onveranderd gehou het. Terwyl daar onderverhalings op diesel aangeteken is, is ‘n oorverhaling op petrol aangeteken. Met die baie hoë onderverhalings wat in September aangeteken is, is daar besluit om die prys dieselfde te hou. Salome Nghoshi, petroleum-ekonoom, het meer besonderhede verskaf.