Regshulpsentrum betree woenstynleeu trofeejag
In die lig van die herrie wat losgebars het oor ‘n probleem-leeumannetjie wat in die Palmwag-area gejag is, het die Regshulpsentrum ingetree en sy regsmening gelig. Die mannetjie, agt-jaar oud, is as probleemdier verklaar en vir ‘n trofee gejag. Hy was blykbaar uiters belangrik vir die klein bevolking van die woestyn-aangepaste leeus. Volgens die sentrum val die leeu val nie onder probleemdiere, ingevolge die wetgewing, nie. Corinna van Wyk van die sentrum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.