Felix Jones se vertrek uit Bokspan sal leemte laat

Die Springbok-heelagter, Willie le Roux, sê die vertrek van die hulpafrigter, Felix Jones, sal ʼn blywende merk op die span laat. Hy het voor die Wêreldbekertoernooi van 2019 by die span aangesluit en berei die Bokke die laaste keer voor vir die naweek se kragmeting met Nieu-Seeland in die eindstryd. Die Ier gaan voortaan by Engeland onder die leierskap van Steve Borthwick betrokke wees. Volgens Le Roux gaan hulle Jones mis: