Valke moet onwettige mynbedrywighede in Limpopo ondersoek
ActionSA in Limpopo het die Valke en die polisie in die provinsie gevra om ondersoek in te stel na die ongebreidelde onwettige mynbou-bedrywighede in Malamulele in Limpopo. Die gemeenskap het ‘n aantal misdaad- en moordsake by die plaaslike polisie aangemeld, maar die party sê die sake neem onverpoosd toe onder hul toesig. Sello Lediga van ActionSA sê die party is diep bekommerd omdat die situasie buite beheer raak: