Maletsky spreek New Era-raad toe oor Beukes se skorsing

Die Engelse dagblad Namibian Sun berig dat die uitvoerende hoof van New Era Christof Maletsky die raad ingelig het oor die skorsing van die koerant se hoofredakteur Johnathan Beukes op 29 September. Volgens die berigte, is Beukes verskeie male oor die kole gehaal oor die beriggewing in die koerant wat uiters negatiewe hoofstories insluit. Volgens Maletsky, is dit nie die mandaat van die koerant nie. Meer gemeenskaps-gebaseerde stories moet deel vorm van die beriggewing, veral uit landelike gebiede. Hy voeg by Beukes het toegelaat dat joernaliste se opinies deel vorm van artikels. Maletsky sê die hoofartikel wat die regbank uitgedaag het was die laaste strooi.