Nekundi soek meer as een primêre woning vir reël 108 aanpassings

Veikko Nekundi die adjunk vervoer-minister, sê die definisie vir primêre woning moet aangepas word. Sy aanmerkings in die Nasionale Vergadering kom tydens die bespreking oor die aanpassing van wetgewing in verband met reël 108 beslagleggings. Dit is nie duidelik presies watter tweede woning hy van melding gemaak het nie, maar daar is in die Huis beaam dat sou jy in die stad bly en ‘n plaas hê dan is albei primêre eiendomme. Hy het groot steun uitgelok vir sy aanmerking.