Plaaslik daal diamantproduksie ook – mark is oorvol

De Beers se ruwe diamantproduksie het plaaslik teen 0,53 miljoen karaat in die derde kwartaal ingekom teenoor 0,531 miljoen karaat in dieselfde tydperk verlede jaar. Produksie by Debmarine het ook afgeplat in die twee kwartale en Namdeb se aanlandig bedrywighede het met ‘n persent afgeneem. Tot op hede vanjaar het produksie teenoor verlede jaar dieselfde tyd verbeter met 14 persent maar die groep se algehele vertoning het met 23 persent afgeneem na 7,4 miljoen karaat. Daar is verskeie berigte dat produksie in Botswana, Namibië en Suid-Afrika as gevolg van verskeie redes afgeneem het maar, daar is op die oomblik ‘n ooraanbod van ruwe en geslypte diamante in ‘n mark waar vraag, veral in China en die VSA afgeneem het. Kenners meen verder dat kopers teen uiters hoë pryse te veel diamante aangekoop het. Daar is ook vroeër berig dat Botswana sy November veiling gekanselleer het.