AfriForum se weerstand teen gesondheidsvesekering neem toe

AfriForum sê teenkanting teen die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering neem toe. Die Gautengse provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee vir Gesondheid en Welstand het in Krugersdorp ʼn openbare verhoor oor die NGV gehou. Die wetsontwerp is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur, maar die Nasionale Raad van Provinsies moet nog daaroor stem. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle staan daarby dat hierdie radikale wetsontwerp in belang van alle Suid-Afrikaners geskrap moet word, veral omdat dit nie ekonomies volhoubaar is nie: