Komitee oorweeg brandstofprys vanmiddag

 Die brandstofprys vir November sal volgende week Woensdag in werking tree, gebruiklik op die Woensdag van die maand. Daar was reuse-stygings vir Oktober aangekonding, net onder 2 dollar per liter petrol en net bo 2 dollar per liter diesel. Olie het intussen in die afgelope maand met net meer as 4 persent gedaal. Salome Nghoshi, ‘n petroleumekonoom by die lynministerie sê die komitee vergader vanmiddag oor die prys en verbruikers sal die week nog hoor.