Onwettige aanhoudingsaak van kripto-lot môre in hoërhof

Die saak in verband met die vermeende kripto-bedrogspul en die onwettige aanhouding van die 14 beskuldigdes, is tot môre uitgestel. Hoërhof regter George Coleman het die saak uitgestel omdat een van die prokureurs van die beskuldigdes tyd gevra het om haar kliënt se saak voor te berei. Die regslui sê die groep is onwettig aangehou omdat hulle op 3 Oktober gearresteer is en eers op 6 Oktober in die landdroshof verskyn het. Stukke is reeds ingedien in die verband met een van die beskuldigdes Toivo Herman wat sê hulle is Dinsdag, 3 Oktober gearresteer en eers op 4 Oktober na die gevangenis geneem en ingeteken om aangehou te word. Die aansoek, wat op ‘n dringende basis gebring is, eis die 14 se vrylating. Daar is verskeie buitelandse burgers en die staat sê die bedrog beloop 8,8 miljoen Namibiese dollar. ‘n Totaal van 98 klagtes is gebring.