Repokoers bly staan omdat inflasie redelik onder beheer is

Die Bank van Namibië het die repokoers onveranderd gehou omdat inflasie redelik onder beheer is. Dit is die mening van die bekend Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu op die aankondiging vanoggend deur die reserwebank se goewerneur Johannes !Gawaxab dat die koers op 7,75 persent bly.